1 Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap: as iemand na gemeenteleierskap (as oudste) verlang, begeer hy ’n goeie werk.
2 ’n Oudste moet: onberispelik wees, die man van een vrou, van waaksame verstand, nugter, met goeie optrede, gasvry, ’n leermeester;
3 nie oortree aangaande wyn nie, nie vinnig om te slaan nie, maar sag; nie twissoekerig of lief vir geld nie;
4 wat sy eie huis goed regeer en sy kinders in gehoorsaamheid hou in alle reinheid,
5 want as iemand nie weet hoe om sy eie huis te regeer nie, hoe kan hy die gemeente van God lei?Deut 17:20; Yes 14:13-14; Yeg 28:1-19
6 Hy moet ook nie ’n nuwe studentevolgeling wees nie sodat hy nie trots word en in dieselfde oordeel as die teëstander val nie,
7 maar hy moet ook ’n goeie getuienis hê vanaf buitestaanders sodat hy nie in skande en in die strik van die teëstander val nie.