17 Beveel die wat in dié wêreld ryk is om nie trots te wees nie en om ook nie hulle vertroue te plaas op die onsekerheid van rykdom nie, maar op die lewende God wat aan ons alles ryklik gee vir ons vertroosting en versterking
18 en hulle moet goeie dade doen en ryk wees in goeie dade, gereed wees om te gee en te deel
19 en hulle sal vir hulleself ’n goeie fondasie lê vir die toekoms sodat hulle die ware lewe mag aangryp.
20 O! Timotheos, bewaar wat aan jou toevertrou is en ontvlug van die dogters met die leë stemme (onafgesonderde en nuttelose gepraat) en van die verdraaiings van valse kennis,
21 want die wat dit verkondig het, het self van die vertroue af weggedwaal. Onverdiende guns bly by jou! Dit is waar!