15 Elkeen wat sy broer haat, vermoor ’n persoon en julle weet dat die ewige lewe nie in iemand wat ’n persoon vermoor kan bly nie.
16 Hieraan ken ons Sy liefde teenoor ons: dat Hy Sy lewe in ons plek gegee het en dit is reg vir ons om ons lewens ter wille van ons broers te gee.
17 Wie ook al besittings van die wêreld het en sien dat sy broer ’n behoefte het en sy liefdevolle omgee van hom weerhou, hoe bly die liefde van God in hom?
18 Kinders, laat ons mekaar nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid
19 en hierdeur word dit bekend gemaak dat ons uit die waarheid is en voordat Hy kom, word ons verstand, wil en emosie verseker,
20 want as ons verstand, wil en emosie ons veroordeel, God is groter as ons verstand, wil en emosie en Hy weet alles.Ps 139:23-24
21 Julle vir wie ons lief is, as ons verstand, wil en emosie ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God