18 Kinders, laat ons mekaar nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid
19 en hierdeur word dit bekend gemaak dat ons uit die waarheid is en voordat Hy kom, word ons verstand, wil en emosie verseker,
20 want as ons verstand, wil en emosie ons veroordeel, God is groter as ons verstand, wil en emosie en Hy weet alles.Ps 139:23-24
21 Julle vir wie ons lief is, as ons verstand, wil en emosie ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God
22 en alles wat ons vra, sal ons van Hom af ontvang omdat ons Sy opdragte uitvoer en voor Hom goed doen.
23 Dit is Sy opdrag: dat ons moet vertrou in die Outoriteit en Karakter (Naam) van Sy Seun, Yeshua, Die Gesalfde Een en mekaar voortdurend liefhê soos Hy ons beveel het
24 en wie ook al Sy opdragte uitvoer, word deur Hom beskerm en Hy bly in hom. Hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gee.