7 Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie onpartydig opreg is, is onskuldig net soos Hy, Die Gesalfde Een, onskuldig is.
8 Hy wat sonde doen, is vanuit die teëstander, want die teëstander is van die begin af ’n sondaar. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die teëstander te vernietig.
9 Almal wat uit God gebore is, doen nie sonde nie omdat Sy Saad in hom bly en hy kan nie aanhou sondig nie, want hy is uit God gebore.
10 Hierin word die kinders van God van die kinders van die teëstander onderskei: elkeen wat nie voortdurend onpartydig opreg is of sy broer voortdurend liefhet nie, is nie van God nie,
11 want dit is die opdrag wat julle van die begin af gehoor het: dat julle mekaar moet liefhê,Gen 3:3-10 Omdat sy dade boos was en dié van sy broer onskuldig.
12 nie soos Kayin wat van die bose een was en sy broer doodgemaak het nie. Waarom het hy hom doodgemaak?
13 Moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie, my broers.