6 Ons is vanuit God. Hy wat God ken, luister na ons en gehoorsaam ons. Hy wat nie vanuit God is nie, luister nie na ons nie en gehoorsaam ons nie. Hierdeur onderskei ons die Gees van waarheid en die gees van misleiding.
7 Julle vir wie ons lief is, laat ons mekaar liefhê, want liefde is vanuit God en elkeen wat lief het, is vanuit God gebore en ken God
8 omdat God liefde is en elkeen wat nie liefhet nie, ken God nie.Yog 3:16
9 Hierin is die liefde van God vir ons openbaar: dat God Sy enigste uniekgebore Seun in die wêreld ingestuur het sodat dit deur Hom kan lewe.
10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun, die Vryspraak en Toedekking van ons sondes, gestuur het.
11 Julle, vir wie ons lief is, as God ons so liefhet, is ons dit verskuldig om mekaar lief te hê.
12 Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.