12 Hy wat vashou aan die Seun, hou vas aan die Lewe en elkeen wat nie die Seun van God vashou nie, het nie die Lewe nie.
13 Hierdie dinge het ek aan julle geskryf sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het; dié wat aanhou vertrou in die Outoriteit en Karakter (Naam) van die Seun van God.
14 Dit is ons versekering teenoor Hom: dat wat ons ook al, volgens Sy wil vra, Hy ons hoor
15 en as ons oortuig is dat Hy ons hoor aangaande alles wat ons van Hom vra, dan vertrou ons dat ons nou reeds die objek van ons begeertes ontvang wat ons van Hom gevra het.
16 As iemand sy broer ’n sonde sien doen wat nie ’n straf tot die dood toe het nie, moet hy vra en vir hom sal Lewe gegee word; vir hulle wat sondig wat nie tot die dood toe is nie. Daar is sonde wat tot die dood is; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
17 Alle boosheid is sonde en daar is ’n sonde wat nie tot die dood is nie.
18 Ons weet dat elkeen wat vanuit God gebore is, nie sondig nie, want Hy wat vanuit God gebore is, beskerm sy lewe en die Bose een raak nie aan hom nie.