4 want as God die engele wat gesondig het, nie oorgesien het nie, maar hulle in duisternis vasgeketting en afgegooi het in die dieptes, om vir die oordeel tot foltering en pyniging gehou te wordGen 6-9
5 en die ou wêreld nie oorgesien het nie, maar Noag, die prediker van onpartydige opregtheid, met sewe ander, beskerm het, toe Hy die vloed oor die wêreld van goddelose mense gebring hetGen 19
6 en deur die stede van S’dom en `Amorra tot as te verbrand, hulle veroordeel het tot uitwissing en as ’n voorbeeld gestel het vir hulle wat in die toekoms goddeloos sou wees;
7 [Hy het ook die onskuldige Lot gered, wat die vernedering van die verwerplike lewenswyse van die wettelose mense gely het,
8 want terwyl hy gesien en gehoor het, is dié onskuldige man, wat onder hulle gebly het, dag vir dag in sy onskuldige gees gepynig oor hulle wettelose dade;]
9 weet יהוה om dié wat Hom respekvol vrees te red uit die lyding, maar die bose te hou vir die dag van oordeel terwyl hulle gefolter en gepynig word,
10 veral dié wat die vlees najaag in vuil begeerlikhede en teen outoriteit praat. Vermetel en arrogant, bewe hulle nie vir Sy Teenwoordigheid as hulle kwaadpraat nie