8 want terwyl hy gesien en gehoor het, is dié onskuldige man, wat onder hulle gebly het, dag vir dag in sy onskuldige gees gepynig oor hulle wettelose dade;]
9 weet יהוה om dié wat Hom respekvol vrees te red uit die lyding, maar die bose te hou vir die dag van oordeel terwyl hulle gefolter en gepynig word,
10 veral dié wat die vlees najaag in vuil begeerlikhede en teen outoriteit praat. Vermetel en arrogant, bewe hulle nie vir Sy Teenwoordigheid as hulle kwaadpraat nie
11 terwyl die engele, alhoewel groter in vermoëns en krag, geen oordeel van kwaadpraat vanaf יהוה teen hulleself bring nie.
12 Hulle is egter soos redelose diere van natuur, gemaak vir slagting en vernietiging; hulle praat kwaad teen wat hulle nie ken nie. Hulle sal deur hulle eie korrupsie vernietig word
13 wanneer hulle wat boos is die loon van boosheid sal ontvang. Hulle idee van plesier is sensuele begeertes in helder daglig. Hulle is besoedel en vol gebreke en wanneer hulle hul liefdesmaal hou, vergryp hulle hulself
14 terwyl hulle oë vol hoerery en sonde is, wat nie ophou nie, soos hulle dié met ’n onvaste gees verlei. Hulle het ’n verstand, wil en emosie geoefen in gierigheid. Hulle is kinders van die vervloeking.Num 22 gevolg, wat die loon van die bose liefgehad het,