1 Hierdie is nou die tweede brief wat ek vir júlle, wat ek liefhet, skryf, waarin ek suiwer gedagtes wil opwek deur julle te herinner
2 om die profetiese woorde te onthou, wat deur die afgesonderde profete oorgedra is en ons Meester en Verlosser se opdragte wat deur die afgevaardigdes gegee is.
3 Soos julle reeds weet, sal daar in die laaste dae spotters kom wat spot terwyl hulle volgens hulle eie begeertes leef
4 en sê: “Waar is die belofte van Sy koms, want vandat die vaders dood is, bly alles net soos dit was van die begin van die skepping af.”Gen 1; Yog 1:1
5 Hulle is opsetlik onkundig dat daar lank terug al hemele was en land wat vanuit water en tussen water ontstaan het deur die Boodskap van God,
6 waardeur die wêreld van daardie tyd met water oorstroom en vernietig is,Yes 66:15 en opsy gesit vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense.