11 Wanneer al hierdie dinge dan vernietig word, is dit nie reg vir julle om in julle lewenswyse afgesonderd en in aanbidding tot God te wees nie?
12 Terwyl julle die koms van die dag van God verwag en ywerig begeer, wanneer die hemele, wanneer deur vuur getoets, sal vergaan en die elemente, wanneer aan die brand gesteek, sal smelt,Yes 65:17-19; Yes 66:22
13 maar ons verwag volgens Sy belofte, nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin onpartydige opregtheid sal bly;
14 daarom moet julle vir wie ek lief is terwyl julle hierdie dinge verwag, moeite doen dat julle vlekkeloos en skuldloos voor Hom gevind mag word in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid
15 en beskou die geduld van יהוה as redding, net soos die broer vir wie ons lief is, Sha’ul, ook met die wysheid wat vir hom gegee is, aan julle geskryf het.
16 Soos in al sy briewe, praat hy oor hierdie dinge, waarvan sommige moeilik is om te verstaan, wat die onkundiges en onstabiele mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie vernietiging;
17 daarom moet julle, vir wie ons lief is en dit vooraf weet, versigtig wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die misleiding van wettelose mense en wegval uit jul eie standvastigheid nie,