1 Hierdie is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal alles vasstaan wat gesê word.
2 Ek het dit vroeër gesê en ek sê dit voor die tyd, soos toe ek die tweede keer daar teenwoordig was en ek skryf dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie
3 aangesien julle ’n bewys soek dat Die Gesalfde Een in my praat. Hy is nie swak teenoor julle nie, maar magtig onder julle,
4 want al is Hy gekruisig in swakheid, leef Hy deur die krag van God, want ons is ook swak in eenheid met Hom, maar ons leef saam met Hom, vir julle, deur die wonderwerkende krag van God.
5 Ondersoek julleself of julle in vertroue staan. Toets julleself. Of is julle nie bewus dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in julle is nie? Indien nie, is julle waardeloos!
6 Ek verwag egter dat julle sal sien dat ons nie waardeloos is nie.