11 want as daar eer, lof en grootheid was in wat moes vergaan, is daar baie meer eer, lof en grootheid in wat bly.
12 Omdat ons hierdie versekerde verwagting het, tree ons daarom al hoe meer met vrymoedigheid op,
13 nie soos Moshe nie, wat ’n bedekking oor sy gesig gesit het sodat die mense van Yisra’el nie sou aanhou kyk nie, want dit het geen doel gehad nie,
14 maar hulle is verblind in hulle begrip, want tot op hierdie dag toe bly dieselfde bedekking oor hulle by die lees van die Tanakh en word dit nie openbaar dat die bedekking besig is om deur Die Gesalfde Een vernietig te word nie.
15 Tot vandag toe, wanneer Moshe gelees word, word die bedekking oor hulle verstand, wil en emosie gelêMat 13:11; 1 Kor 2:10
16 en wanneer enige iemand van hulle na יהוה toe draai, word die bedekking van hom af weggeneem.
17 יהוה is die Gees en waar die Gees van יהוה is, daar is vryheid.