1 Ons weet dat, as ons aardse huis, die liggaam, vernietig sal word, ons ’n gebou het wat vanaf God is, ’n huis nie met hande gemaak nie, in die hemel, vir ewig,
2 want ook hieroor word ons gemaak om te kreun en verlang ons om ons huis wat vanuit die hemel is, aan te trek
3 sodat wanneer ons aangetrek is, ons nie kaal bevind mag word nie,
4 want terwyl ons nou nog in díe liggaam is, word ons gemaak om te kreun deur sy gewig en ons wil dit nie uittrek nie, maar oor dit aantrek sodat sy sterflikheid deur die lewe verslind kan word,