12 want ons prys onsself nie weer aan by julle nie, maar ons gee vir julle ’n geleentheid om te roem oor ons, in die teenwoordigheid van hulle wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die verstand, wil en emosie nie,
13 want as ons kranksinnig is, is dit vir God en as ons normaal is, is dit vir julle,
14 want die liefde van Die Gesalfde Een dring by ons aan om so te redeneer: dat as Een in die plek van elke persoon gesterf het, dan het elke persoon saam met Hom gesterf.
15 Hy het in die plek van elke persoon gesterf sodat die wat lewe, nie vir hulleself sal lewe nie, maar vir Hom wat vir elkeen gesterf en opgestaan het.
16 Van nou af ken ons niemand meer na die uiterlike nie. Selfs al het ons ook Die Gesalfde Een na die uiterlike geken, ken ons Hom nou nie meer so nie.
17 Alles wat daarom in eenheid met Die Gesalfde Een is, is ’n nuwe skepping, die ou orde het daarmee verbygegaan
18 en alles het nuut geword vanaf God; Hy wat ons verhouding met Homself herstel het deur Yeshua, Die Gesalfde Een en vir ons die bediening gegee het om dié verhouding te herstel,