5 maar Hy wat ons hiervoor voorberei het, is God, wat ook vir ons die deposito van Sy Gees gegee het.
6 Omdat ons weet en oortuig is daarvan dat solank as wat ons in die liggaam bly, ons verwyderd is van ons tuiste, van ons Meester,
7 want ons leef deur vertroue en nie deur wat ons sien nie,
8 vertrou en verlang ons as gevolg hiervan, om uit die liggaam uit te gaan en by ons Meester te wees.
9 Ons is toegewyd daaraan om, of ons afwesig of tuis is, Hom tevrede te stel,
10 want ons gaan almal staan voor die troon van Die Gesalfde Een sodat elkeen betaling kan ontvang volgens alles wat hy in die liggaam gedoen het; of dit goed is of boos.
11 Omdat ons daarom die vrees en respek van ons Meester ken, oortuig ons mense. Voor God is ons openbaar en ek hoop om ook tot julle begrip openbaar te wees,