3 Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vroeër gesê dat julle in ons gedagtes, wil en emosie is om as een te sterf en te leef.
4 Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle. My roem oor julle is groot. Ek is ten volle vertroos en versterk en ek loop oor van blydskap te midde van al my lyding.
5 Vandat ons ook na Makedonia gekom het, was daar geen rus vir ons vlees nie, maar is ons in alles gemartel; van buite ’n stryd, van binne vrees,
6 maar God wat die vernederde versterk en vertroos, het ons versterk en vertroos deur die koms van Titos
7 en nie alleen deur sy koms nie, maar ook deur die lafenis waarmee hy deur julle ondersteun is, want hy het aan ons vertel van julle liefde vir ons, julle treur oor en julle ywer namens ons. Toe ek dit hoor was my blydskap groot.
8 Alhoewel ek julle deur ’n brief treurig gemaak het, is ek nie jammer nie, al was ek ook vroeër jammer, want ek het gesien dat daardie brief, al was dit vir ’n kort tydjie, julle treurig gemaak het.
9 Nou is ek bly, nie omdat julle treurig gemaak is nie, maar omdat julle treurig gemaak is tot die punt van terugdraai na God toe, want julle was treurig soos God dit wou sodat julle deur ons geen skade gely het nie,