9 want julle ken die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het sodat julle deur Sy armoede ryk kan word.
10 Hierin gee ek slegs my raad, want dit is beter vir julle omdat julle alreeds ’n jaar gelede begin het, nie alleen om te wil nie, maar ook om te doen.
11 Voltooi egter nou die daad sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, julle so ook deur die daad kan voltooi uit wat julle besit,
12 want as die gewilligheid daar is, is dit aanvaarbaar volgens wat iemand het, nie volgens wat hy nie het nie,
13 want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle stryd nie,
14 maar dat volgens gelykheid julle oorvloed hulle tekort kan aanvul in hierdie tyd sodat ook hulle oorvloed julle tekort kan aanvul en daar gelykheid is.Eks 16:18
15 Soos geskrywe is: “Hy wat oorvloed gehad het, het nie te veel gehad nie en hy wat min gehad het, het nie tekort gehad nie,”