1 Aangaande die dienswerk teenoor die afgesonderdes is dit eintlik oorbodig vir my om aan julle te skryf,
2 want ek weet dat julle denke gereed is, waaroor ek oor julle by die mense van Makedonia roem en dat Agaia ’n jaar gelede gereed gemaak het en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander opgewek het,
3 maar ek het die broers gestuur sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie leeg mag wees nie sodat julle gereed sal wees, soos ek gesê het
4 sodat wanneer die manne van Makedonia saam met my kom en julle miskien nie voorbereid is nie, ons, om nie te sê julle, nie beskaam word in hierdie vertroue waarin ons roem nie.
5 As gevolg hiervan het ek dit dus nodig geag om die broers te vra om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde seëning vooraf reg te kry sodat dit gereed kan wees as ’n seëning en nie as iets wat afgepers is nie.