12 omdat die bediening van hierdie dienswerk nie alleen voorsien in die behoeftes van die afgesonderdes nie, maar ook oorvloei tot baie dankbaarheid tot God.
13 Deur die ervaring van hierdie diens eer, loof en aanbid hulle God dat julle jul onderwerp het aan die erkenning van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een en dat julle deelgenote geword het in julle reg op volle erfgenaamskap met hulle en met almal
14 en hulle bring ’n gebed vir julle, met die liefde van baie vanweë die oorvloedige onverdiende guns van God wat op julle is,
15 maar dank God vir Sy onbeskryflike geskenk.