17 My Meester het my egter ondersteun en my in staat gestel sodat deur my die verkondiging heeltemal voltooi kan word en al die ander nasies dit kan hoor, dat ek uit die bek van die leeu bevry is
18 en my Meester sal my bevry van elke bose daad en sal aan my Lewe gee in Sy Koninkryk, wat in die hemel is, want tot Hom is die eer, lof en aanbidding vir tydlose ewigheid! Dit is waar.
19 Groet Priskilla en Akulas en die huis van Onesiforos.
20 Erastos het in Korinthos gebly. Trofimos het ek siek in Miletos gelos.
21 Doen moeite om voor die winter te kom. Eubulos, Pudes, Linos, Klaudia en al die broers groet jou.
22 Ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is met jou gees! Onverdiende guns bly by jou! Dit is waar.