2 Jy, vir wie ons lief is, ek bid dat dit met jou in alles voorspoedig mag gaan en dat jy gesond is, net soos dit met jou gees voorspoedig gaan,
3 want ek was baie bly toe daar broers kom en van jou vertrouenswaardigheid getuig, net soos jy voortdurend in die waarheid leef.
4 Niks gee my groter blydskap, as dat ek hoor dat my kinders in die waarheid leef, nie.
5 Jy, vir wie ons lief is, jy doen alles wat jy doen vir die broers in vertroue en spesiaal vir dié wat vreemdelinge is,
6 aan wie jy goed gedoen het en vir hulle, waardig voor God, voorsien het, wat van jou liefde voor die hele gemeente getuig het,
7 want hulle het vir Sy Naam (Karakter en Outoriteit) uitgegaan sonder om iets van die ongelowiges te neem.
8 Ons is dit daarom verskuldig om sulke mense te ontvang sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees.