1 Om hierdie rede is ek, Sha’ul, vir júlle van ander nasies se ontwil, die gevangene van Die Gesalfde Een, Yeshua.
2 As julle gehoor het van die toepassing van die onverdiende guns van God wat aan my gegee is tussen julle
3 dat Hy aan my deur ’n openbaring die geheim, soos ek vroeër in kort geskryf het, geleer het;
4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die geheim van Die Gesalfde Een kan verstaan,
5 wat in ander generasies nie aan die kinders van die mens bekend gemaak is soos dit nou aan Sy afgesonderde afgevaardigdes en profete openbaar word deur die Gees nie:
6 dat die ander nasies mede-erfgename is, lede van Sy liggaam en van die belofte wat in Hom gegee is deur die goeie boodskap.
7 Dit waarvan ek ’n bedienaar geword het, volgens die geskenk van die onverdiende guns van God wat aan my gegee is, volgens die aksie van Sy wonderwerkende krag.