1 Wees julle daarom nabootsers van God soos kinders vir wie Hy lief is
2 en leef in liefde, net soos Die Gesalfde Een ons ook liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het as ’n offer en slagoffer aan God tot ’n soet reuk,
3 maar seksuele oortredinge en alle onreinheid of gulsigheid moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit gepas is by afgesonderdes,
4 ook nie beledigende, dwase, growwe of onsinnige praatjies, wat nie nodig is nie, maar eerder van dankbaarheid,
5 want hierdie weet julle, dat daar vir die seksuele oortreder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodsaanbidder is, nie ’n erfporsie in die Koninkryk van Die Gesalfde Een en van God is nie.
6 Laat niemand julle met leë woorde mislei nie, want daardeur kom die woede van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid;