1 Sha’ul, ’n gevangene van Yeshua, Die Gesalfde Een en die broer Timotheos: aan Filémon, ons medewerker, vir wie ons lief is,
2 aan Apfia, vir wie ons lief is, aan Argippos, ons medewerker en aan die gemeente wat in jou huis is:
3 onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God-ons-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!
4 Ek dank my God elke keer wanneer ek jou in my gebede onthou,
5 vandat ek van jou liefde en vertroue gehoor het, wat jy teenoor ons Meester, Yeshua en teenoor al die afgesonderdes het,
6 op só manier, dat die gemeenskap van jou vertroue vrug mag dra in dade en in kennis van alles wat goed is in jou, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een.