11 hy wat vroeër vir jou waardeloos was, maar nou baie bruikbaar is vir jou en vir my.
12 Ek stuur hom vir jou, ontvang hom egter soos my seun.
13 Ek wou hom by my hou sodat hy my in die kettings, ter wille van die goeie boodskap, namens jou kan dien,
14 maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie sodat jou goedheid nie uit verpligting sou wees nie, maar uit gewilligheid,
15 want miskien was hy om hierdie rede ’n tydjie van jou af weg sodat jy hom vir altyd kan hou,Lev 25:39
16 van nou af nie as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as ’n broer in die vlees vir wie ons lief is, hoeveel te meer joune, beide in die vlees en in ons Meester;
17 daarom, as jy in eenheid met ons is, ontvang hom as myne.