14 maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie sodat jou goedheid nie uit verpligting sou wees nie, maar uit gewilligheid,
15 want miskien was hy om hierdie rede ’n tydjie van jou af weg sodat jy hom vir altyd kan hou,Lev 25:39
16 van nou af nie as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as ’n broer in die vlees vir wie ons lief is, hoeveel te meer joune, beide in die vlees en in ons Meester;
17 daarom, as jy in eenheid met ons is, ontvang hom as myne.
18 As hy jou tekort gedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening.
19 Ek, Sha’ul, het dit met my eie hand geskryf: ek sal ten volle betaal, sonder om te noem dat jy jou eie persoon aan my verskuldig is!
20 Ja, my broer, ek is verfris deur jou in ons Meester! Bevredig my liefde in Die Gesalfde Een.