5 vandat ek van jou liefde en vertroue gehoor het, wat jy teenoor ons Meester, Yeshua en teenoor al die afgesonderdes het,
6 op só manier, dat die gemeenskap van jou vertroue vrug mag dra in dade en in kennis van alles wat goed is in jou, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een.
7 Ons vreugde en versterking is groot, want deur jou liefde is die verstand, wil en emosies van die afgesonderdes verkwik.
8 As gevolg hiervan is my vrymoedigheid groot in Die Gesalfde Een om jou te beveel wat reg is,
9 maar as gevolg van die liefde, smeek ek, Sha’ul, nou ’n ou man, asook ’n gevangene van Yeshua, Die Gesalfde Een;
10 smeek ek jou, aangaande my kind, wat vir my gebore is in my kettings, Onesimos,
11 hy wat vroeër vir jou waardeloos was, maar nou baie bruikbaar is vir jou en vir my.