1 Sha’ul en Timotheos, slawe van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan al die afgesonderdes wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, in Filippoi is, saam met die oudstes en dié wat bedien:
2 onverdiende guns vir julle en vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed van God, ons Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!
3 Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.
4 Ek bid in al my gebede, oor julle almal terwyl ek met blydskap intree
5 vir julle vennootskap met die goeie boodskap van die eerste dag af tot nou toe
6 omdat ek vertrou aangaande dit, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal vervolmaak tot op die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.