14 ’n Menigte van die broers wat in ons Meester is, het deur my boeie vrymoedige vertroue gekry en al hoe meer gewaag om die boodskap van God sonder vrees te verkondig.
15 Sommige verkondig Die Gesalfde Een wel ook uit jaloesie en tweespalt, maar sommige in goedgesindheid en in liefde,
16 want hulle weet dat ek aangestel is om uit te gaan in verdediging van die goeie boodskap,
17 maar dié wat uit tweespalt Die Gesalfde Een verkondig, is nie opreg nie, maar hoop om lyding by my gevangeskap by te voeg.
18 Hierin het ek my verheug en verheug ek my, dat in elke geval: of dit uit voorgee, of uit waarheid is, die Gesalfde Een verkondig word,Iyov 13:16
19 want ek weet dat hierdie dinge vir my tot lewe gevind sal word deur julle gebed en deur die geskenk van die Gees van Yeshua, Die Gesalfde Een,
20 net soos ek ’n versekerde verwagting en afwagting het om in niks beskaam te word nie, maar dat Die Gesalfde Een, soos altyd, so ook nou, met vrymoedige openheid groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is,