17 maar dié wat uit tweespalt Die Gesalfde Een verkondig, is nie opreg nie, maar hoop om lyding by my gevangeskap by te voeg.
18 Hierin het ek my verheug en verheug ek my, dat in elke geval: of dit uit voorgee, of uit waarheid is, die Gesalfde Een verkondig word,Iyov 13:16
19 want ek weet dat hierdie dinge vir my tot lewe gevind sal word deur julle gebed en deur die geskenk van die Gees van Yeshua, Die Gesalfde Een,
20 net soos ek ’n versekerde verwagting en afwagting het om in niks beskaam te word nie, maar dat Die Gesalfde Een, soos altyd, so ook nou, met vrymoedige openheid groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is,
21 want my lewe ís Die Gesalfde Een en as ek sterf is dit tot my voordeel.
22 As daar ook op my werk in dié lewe van die vlees vrug is, weet ek nie wat ek sal kies nie,
23 want ek word van weerskante gedring: om weg te gaan, want ek het ’n begeerte om by Die Gesalfde Een te wees, want dit is baie voordeliger vir my,