20 net soos ek ’n versekerde verwagting en afwagting het om in niks beskaam te word nie, maar dat Die Gesalfde Een, soos altyd, so ook nou, met vrymoedige openheid groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is,
21 want my lewe ís Die Gesalfde Een en as ek sterf is dit tot my voordeel.
22 As daar ook op my werk in dié lewe van die vlees vrug is, weet ek nie wat ek sal kies nie,
23 want ek word van weerskante gedring: om weg te gaan, want ek het ’n begeerte om by Die Gesalfde Een te wees, want dit is baie voordeliger vir my,
24 maar ek word ook gedring om in my liggaam te bly, ter wille van julle
25 en dit weet ek verseker, dat ek sal bly en by julle almal sal wees, vir julle blydskap en vir julle groei in vertroue.
26 Wanneer ek weer na julle toe kom sal ek julle roem, in Die Gesalfde Een, Yeshua alleen, oorvloedig kan maak.