22 As daar ook op my werk in dié lewe van die vlees vrug is, weet ek nie wat ek sal kies nie,
23 want ek word van weerskante gedring: om weg te gaan, want ek het ’n begeerte om by Die Gesalfde Een te wees, want dit is baie voordeliger vir my,
24 maar ek word ook gedring om in my liggaam te bly, ter wille van julle
25 en dit weet ek verseker, dat ek sal bly en by julle almal sal wees, vir julle blydskap en vir julle groei in vertroue.
26 Wanneer ek weer na julle toe kom sal ek julle roem, in Die Gesalfde Een, Yeshua alleen, oorvloedig kan maak.
27 Wees gelei soos dit die goeie boodskap van Die Gesalfde Een pas sodat, of ek kom en julle sien en of ek afwesig is en van julle omstandighede hoor, dat julle in een gees en in een denke, wil en emosie staan en julle algemeen bekend is as één in die vertroue van die goeie boodskap
28 en julle in niks rondgeskud sal word deur hulle wat ons teëstaan nie; as ’n demonstrasie van hulle vernietiging, maar van júlle lewe.