7 Dit is vir my reg om so van julle almal te dink omdat ek julle in my gedagtes, wil en emosie hou, aangesien julle almal in my boeie, sowel as in die verdediging en bevestiging van die goeie boodskap, my deelgenote in die onverdiende guns is,
8 want God is my getuie hoe lief ek vir julle is met die omgee van Yeshua, Die Gesalfde Een.
9 Dit bid ek: dat julle liefde mag vermeerder en dat julle meer oorvloedig mag word in kennis en in volle begrip van die Gees,
10 om die dinge te kan onderskei wat paslik is en julle rein, sonder aanklag, mag wees op die dag van Die Gesalfde Een,
11 volgemaak met die vrugte van onpartydige opregtheid wat daar is in Yeshua, Die Gesalfde Een, tot eer, lof en aanbidding van God.
12 Ek wil hê dat julle moet weet, my broers, dat my omstandighede al hoe meer tot voordeel van die goeie boodskap gebeur het,
13 deurdat my ‘boeie in Die Gesalfde Een’ bekend geword het by die hele paleis en by al die ander.