2 maak my blydskap volledig deur een gedagte te hê; een liefde; een gees; een denke.
3 Moet niks doen uit tweespalt of in leë eer en lof nie, maar in nederigheid van gedagte moet die een sy naaste hoër ag as homself.
4 Moet ook nie elkeen vir sy eie dinge omgee nie, maar elkeen ook vir díe van sy naaste.
5 Hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Die Gesalfde Een, Yeshua, is,
6 Hy wat, terwyl Hy die afbeelding van God was, dit geen roof geag het om soos God te wees nie,
7 maar Homself gestroop en die gestalte van ’n slaaf aangeneem het in die vorm van ’n mens en gevind is in die gedaante van ’n man:
8 Hy het Homself verneder en was gehoorsaam tot die dood toe, die dood deur gekruisig te word.Ps 110:1 en aan Hom die Karakter en Outorteit (naam) gegee wat bo elke karakter en outoriteit (Naam) is