26 omdat hy na julle almal verlang het en besorg was omdat julle gehoor het dat hy siek was,
27 want hy was ook siek, naby die dood, maar God het vir hom omgegee en nie vir hom alleen nie, maar ook vir my sodat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.
28 Ek het hom daarom gretiglik gestuur sodat julle hom kan sien en julle verbly en ek ’n bietjie sal rus.
29 Ontvang hom daarom in יהוה in alle vreugde en hou sulke manne in hoë eer,
30 want ter wille van die werk van Die Gesalfde Een het hy tot naby die dood gekom en sy lewe nie in ag geneem, om te voltooi wat julle kortgekom het in die dienslewering aan my, nie.