1 My broers, verbly julle daarom in eenheid met ons Meester. Dit is vir my nie moeite om dieselfde dinge aan julle te skryf nie, want dit beskerm julle.
2 Wees versigtig vir honde; wees versigtig vir werkers van boosheid; wees versigtig vir die vleeslike besnyers,
3 want óns is die besnydenis, die van ons wat God in die Gees dien en roem in Yeshua, Die Gesalfde Een en ons vertrou nie op die vlees nie;
4 alhoewel ek ook rede het om te vertrou op die vleeslike. As iemand anders dink dat hy op die vleeslike kan vertrou, ek nog meer:Gen 17:8-12 vanuit die familie van Yisra’el, vanuit die stam van Binyamin; ’n Hebreër, seun van ’n Hebreër; in die geskrewe wet ’n Fariseër;
5 besny op die agtste dag,
6 in ywer, ’n vervolger van die gemeente; volgens die onpartydige opregtheid wat in die wet vereis word, onberispelik,
7 maar hiérdie, wat vir my voordele was, beskou ek as verliese, as gevolg van Die Gesalfde Een.