2 Wees versigtig vir honde; wees versigtig vir werkers van boosheid; wees versigtig vir die vleeslike besnyers,
3 want óns is die besnydenis, die van ons wat God in die Gees dien en roem in Yeshua, Die Gesalfde Een en ons vertrou nie op die vlees nie;
4 alhoewel ek ook rede het om te vertrou op die vleeslike. As iemand anders dink dat hy op die vleeslike kan vertrou, ek nog meer:Gen 17:8-12 vanuit die familie van Yisra’el, vanuit die stam van Binyamin; ’n Hebreër, seun van ’n Hebreër; in die geskrewe wet ’n Fariseër;
5 besny op die agtste dag,
6 in ywer, ’n vervolger van die gemeente; volgens die onpartydige opregtheid wat in die wet vereis word, onberispelik,
7 maar hiérdie, wat vir my voordele was, beskou ek as verliese, as gevolg van Die Gesalfde Een.
8 Ek beskou ook al hierdie dinge as verlies ter wille van die verhewe kennis van Yeshua, Die Gesalfde Een, my Meester, ter wille van wie ek alles verloor het en as gemors beskou het, om Die Gesalfde Een as wins te verkry