20 en deur Hom alle verhoudings met Homself sal herstel en Hy het vrede gemaak deur die bloed van Sy kruisiging; óf dit nou die dinge op die aarde is óf ook die dinge in die hemele.
21 Ook vir julle wat vroeër vreemdelinge en vyande in julle gedagtes deur julle bose werke was, het Hy nou vrede gegee
22 in Sy vleeslike liggaam en deur Sy dood, om julle afgesonderd, sonder skuld en sonder aanklag voor Hom te laat staan
23 as julle voortgaan in julle vertroue terwyl julle fondasie waar is en julle nie wegbeweeg van die versekerde verwagting van die goeie boodskap af, wat julle gehoor het en wat verkondig is aan elkeen in die skepping onder die hemel, waarvan ek, Sha’ul, die bedienaar geword het nie.
24 Ek verheug my in lyding wat om julle onthalwe is en vul in my vlees aan, dit wat ek kortkom aan die lyding van Die Gesalfde Een, vir Sy liggaam, wat die gemeente is;
25 waarvan ek ’n bedienaar geword het volgens die verantwoordelikheid van God wat aan my gegee is vir julle, om die boodskap van God volledig te maak:
26 daardie geheime wat weggesteek was vir die wêreld en vir generasies, maar nou openbaar is aan Sy afgesonderdes,