13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klagte het, net soos Die Gesalfde Een julle vergeef het, so moet julle ook vergewe.Efe 3:15-19; Kol 1:9-10
14 Saam met dit alles, trek die liefde aan wat die band tot volmaaktheid is
15 en die vrede van Die Gesalfde Een sal julle verstand, wil en emosie beheer, waartoe julle geroep is in een liggaam en wees dankbaar teenoor Die Gesalfde Een
16 sodat Sy boodskap ryklik in julle kan bly in wysheid. Leer en onderrig mekaar in die Psalms (gedigte met instrumentale musiek), in lofsange en in liedere van die Gees en sing in julle verstand, wil en emosie met dankbaarheid tot God.
17 Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.
18 Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam soos dit reg is in Die Gesalfde Een.
19 Mans, julle moet jul vroue liefhê en nie bitter wees teenoor hulle nie.