20 Kinders, julle moet julle ouers in alles gehoorsaam wees, want dit stel ons Meester tevrede.
21 Vaders, moenie julle kinders kwaad maak sodat hulle nie moedeloos word nie.
22 Slawe, julle moet jul meesters na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie net as jy dopgehou word soos hulle wat mense tevrede stel nie, maar in ’n suiwer verstand, wil en emosie en in die respekvolle vrees van יהוה:
23 Doen alles wat julle doen vanuit julle hele verstand, wil en emosie soos vir ons Meester en nie vir mense nie
24 en weet dat julle van ons Meester ’n beloning sal ontvang deur die erfporsie van יהוה, want julle dien Die Gesalfde Een.
25 Wie egter verkeerd doen, sal betaal volgens wat hy verkeerd doen en daar is geen aanneming van die persoon nie.