9 Moet ook nie vir mekaar lieg nie, gooi af die ou mens en sy dade
10 en trek die nuwe aan wat voortdurend in kennis, in die beeld van sy Skepper, nuut gemaak word,
11 waar daar nie Jood en Arameër, besnedene en onbesnedene, Griek en barbaar, of slaaf en vryman is nie, maar Die Gesalfde Een alles en in almal is.
12 As hulle wat gekies is deur God daarom afgesonder is, hulle vir wie Hy lief is, trek onverdiende guns, omgee, sagte goedheid, nederigheid, sagtheid en geduld aan.
13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klagte het, net soos Die Gesalfde Een julle vergeef het, so moet julle ook vergewe.Efe 3:15-19; Kol 1:9-10
14 Saam met dit alles, trek die liefde aan wat die band tot volmaaktheid is
15 en die vrede van Die Gesalfde Een sal julle verstand, wil en emosie beheer, waartoe julle geroep is in een liggaam en wees dankbaar teenoor Die Gesalfde Een