13 want ek getuig van hom dat hy ’n groot ywer het vir julle en vir dié wat in Laodikeia en die wat in Hierapolis is.
14 Luka, die dokter, vir wie ons lief is en Demas groet julle.
15 Groet die broers in Laodikeia, vir Numfas en die gemeente wat in sy huis is
16 en wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van Laodikeia gelees word en dat julle ook dié wat uit Laodikeia geskryf is, lees.
17 Sê vir Argippos: “Onthou die bediening wat jy ontvang het in ons Meester sodat jy dit sal voltooi.”
18 Hierdie groete is in my eie, wat Sha’ul is, se hand. Onthou my gevangeskap. Die onverdiende guns bly by julle! Dit is waar!