1 Die begin van die goeie boodskap van Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God,
2 sóos dit geskryf is in Yesha’yahu die Profeet: “Let op, Ek sal My boodskapper voor U Teenwoordigheid uitstuur, om U pad voor te berei.”Yes 40:3; Mat 3:3
3 ’n Stem wat uitroep: “Berei die weg van יהוה in die wildernis voor en maak Sy paaie reguit!”
4 Yoganan was in die wildernis, besig om te doop en het die doop van berou, erkenning en aflegging verkondig vir die bevryding van sondes.
5 Die hele streek van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim het uitgegaan na hom toe en hy het almal in die Yardenrivier gedoop, wanneer hulle hul sondes erken en aflê.
6 Yoganan was aangetrek met klere van kameelhare en ’n gordel van leer om sy heup en sy kos was sprinkane en heuning van die veld.
7 Hy het verkondig en gesê: “Let op, ná my kom Een wat magtiger is as ek en ek is nie waardig om af te buk en sy sandaal se band los te maak nie.