22 en hulle was stomgeslaan oor Sy leer, want Hy het hulle geleer soos Een wat outoriteit het en nie soos hulle leraars van die wet nie.
23 Daar was in hulle bymekaarkomplek ’n man met ’n vuil gees in hom en hy het uitgeskree
24 en gesê: “Wat wil U van ons hê, Yeshua, Natzerener (vanaf Natzeret)? Het U gekom om ons te vernietig? Ek weet Wie U is: die Afgesonderde Een van God!”
25 Yeshua het hom beveel en gesê: “Hou jou mond toe en gaan uit hom uit!”
26 Die vuil gees het hom neergegooi en met ’n harde stem geskree en uit hom uitgegaan.
27 Almal was verbaas en het dit onder mekaar bespreek en gevra: “Wat is dit? Watse nuwe leringe is dit en dít met outoriteit; Hy beveel selfs die vuil geeste en hulle gehoorsaam Hom?”
28 Onmiddellik het die nuus oor Hom versprei in die hele streek van die Galil.