27 Almal was verbaas en het dit onder mekaar bespreek en gevra: “Wat is dit? Watse nuwe leringe is dit en dít met outoriteit; Hy beveel selfs die vuil geeste en hulle gehoorsaam Hom?”
28 Onmiddellik het die nuus oor Hom versprei in die hele streek van die Galil.
29 Hulle het uit die bymekaarkomplek uitgegaan en saam met Ya’akov en Yoganan na die huis van Shim’on en Andreas gegaan.
30 Die skoonmoeder van Shim’on het siek gelê met koors en hulle het Hom gesê van haar.
31 Hy gaan na haar toe, vat haar hand, lig haar op en dadelik het die koors haar verlaat en sy het hulle bedien.
32 In die aand toe die son ondergegaan het, het hulle almal na Hom toe gebring wat siek en deur demone beheer was
33 en die hele dorp het by die deur bymekaargekom.