38 en Hy sê vir hulle: “Ons gaan na die dorpe en stede naby ons sodat Ek ook daar kan verkondig, want hiervoor het Ek gekom.”
39 Hy het in al hulle bymekaarkomplekke gepraat in die hele Galil en demone uitgedryf.
40 ’n Melaatse kom na Hom toe, val neer by Sy voete en smeek van Hom en sê vir Hom: “As U wil, is U in staat om my te reinig.”
41 Yeshua het vir hom liefdevol omgegee en Sy hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: “Ek wil, word gereinig!”
42 Op daardie oomblik het die melaatsheid van hom af weggegaan en hy is gereinig
43 en Hy het hom ernstig gewaarsku en hom weggestuur
44 en vir hom gesê: “Wees versigtig dat jy absoluut niks aan iemand sê nie, maar gaan wys jouself aan die priester en offer wat Moshe beveel het vir jou reiniging, tot ’n getuienis vir hulle,”