9 Dit was in daardie dae dat Yeshua, van Natzeret in die Galil, gekom het en Hy deur Yoganan in die Yarden gedoop is
10 en dadelik, toe Hy opkom uit die water uit, sien hy die hemele skeur en die Gees soos ’n duif op Hom neerdaal
11 en daar was ’n Stem uit die hemel: “Jy is My Seun, wie Ek lief het, waarmee Ek tevrede is.”
12 Dadelik het die Gees Hom uitgedryf na die wildernis toe.
13 Hy was daar in die wildernis vir veertig dae terwyl Hy getoets is deur die teëstander. Hy was saam met die wilde diere en die engele het Hom bedien.
14 Nadat Yoganan gevang is, het Yeshua na die Galil gekom en die goeie boodskap van die Koninkryk van God verkondig
15 en gesê dat die tyd tot volheid gekom het en dat die Koninkryk van God naby gekom het; draai om na God toe en vertrou in die goeie boodskap.