15 Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ’n kind ontvang nie, sal nie daar ingaan nie.”
16 Hy het hulle in Sy arms opgetel, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
17 Toe Hy op die pad gereis het, hardloop een en val op die knieë neer en vra Hom: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”
18 Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie, behalwe net Een, God.
19 Jy ken die wet: jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie valse getuienis gee nie, jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou vader en moeder,”
20 maar hy antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, al hierdie dinge het ek gehoorsaam van my jeug af.”
21 Yeshua het na hom gekyk en was lief vir hom en sê vir hom: “Een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.”