23 Yeshua kyk rond en sê vir Sy studentevolgelinge: “Hoe moeilik is dit vir hulle wat rykdom besit, om in die Koninkryk van God in te gaan!”
24 Die studentevolgelinge was verstom oor Sy woorde en Yeshua antwoord weer en sê vir hulle: “Seuns! Hoe moeilik is dit vir die wat op hulle rykdom staatmaak, om in die Koninkryk van God in te gaan!Iyov 24:22
25 Dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryke om in die Koninkryk van God in te gaan.”
26 Hulle was uitermate verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is in staat om gered te word?”
27 Yeshua het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alle dinge moontlik.”
28 Kefa begin en sê: “Let op, ons het alles verlaat en aan U vasgehou.”
29 Yeshua antwoord en sê: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van My goeie boodskap verlaat het nie,